Klimaatsverandering: dit kom nie, dis reeds hier

Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Antony Blinken, het alle lande aangemoedig om onmiddellike sterk stappe te doen terwyl die VN-Veiligheidsraad die omgewingskrisis pak en waarsku dit vererger konflik. Blinken sê ‘n rekord hoeveelheid reën in New York het bygedra tot tientalle sterftes, terwyl klimaatsverandering konflikte in lande soos Sirië, Mali, Jemen, Suid-Soedan en Ethiopië vererger. Hy sê die klimaatkrisis is nie op pad nie, dit is reeds hier.