Rod Laver is opgewonde oor vierde Laver-beker

Die Australiese legende Rod Laver sê hy is opgewonde oor die vierde aflewering van die Laver-beker wat vanaand in Boston, Amerika begin. Vanjaar is die leier van die Wêreldspan die Amerikaanse legende John McEnroe en dit sluit spelers soos Jack Sock en Nick Kyrgios in. Die Europese spankaptein is die Sweed Bjorn Borg en lede van span is die Amerikaanse Ope-kampioen Daniil Medvedev, en die wenner van die goue medalje by die Olimpiese Spele in Tokio, Alexander Zverev. Laver sê dis wonderlik om hierdie groot toernooi in tennis te hê: