NaTIS-dienste in inkopiesentrums in Whk beskikbaar

Die Namibiese Paaie-owerheid sal, ter voorbereiding van die feesseisoen NaTIS-dienste op Saterdae by inkopiesentrums aanbied. Maerua Mall sal op 20 November besoek word en Grove Mall op 27 November. NaTIS sal dan op 4 Desember by Wernhil wees en by Katutura se Shoprite-kompleks op 11 Desember. Voertuiglisensies kan hernu word en bestuurderslisensies waarvoor daar aansoek in Windhoek gedoen word, kan afgehaal word. Betalings kan slegs met debiet- of kredietkaart gedoen word.