Emmerstelsel steeds ‘n groot uitdaging

Môre is Wêreldtoiletdag. In Namibië maak ongeveer 2 300 huishoudings staat op die stelsel en daar was reeds talle planne beraam en teiken gemaak om daarvan ontslae te raak. Intussen sê die Suid-Afrikaanse departement van water en sanitasie hy streef ook steeds daarna om die emmerstelsel, veral in die Oos-Kaap en die Vrystaat, te vervang. Meer as 12 000 huishoudings in Suid-Afrika maak egter nog van die emmerstelsel gebruik. ‘n Woordvoerder van die departement, Sputnik Ratau, sê Wêreldtoiletdag word as ‘n platform gebruik vir bewusmaking van die daaglikse uitdagings om behoorlike en waardige sanitasie te verseker: