Erongo polisie-hoof sê geen saak oor kinderontvoering is gemaak nie

Bewerings dat die polisie in die Erongo-streek ‘n voorval ondersoek waar twee vyf-jaar-oue seuns ontvoer en ‘n dag later gevind is, word deur die polisie ontken. Die storie het groot opslae gemaak, en daar is ook in Suid-Afrika daaroor berig. Die kinders was blykbaar saam met die polisie ongedeerd gevind in ‘n huis in Walvisbaai onder toestande wat herinner aan mensehandel. Volgens kommissaris Andreas Nelumbo, polisiebevelvoerder van die Erongo-streek is die saak nooit by die polisie aanhangig gemaak nie.