Nasionale brandstofbergingsgerief in die kollig in die parlement

Na die Nasionale Petroleumkorporasie van Namibië die land se nasionale brandstofbergingsgerief van 5,5 miljard Namibiese dollar oorgeneem het, is dit in die Nasionale Vergadering onder die loep geneem. Die leier van die amptelike opposisie, McHenry Venaani, het die ministerie van myne en energie gevra om onder meer die regverdiging van die begroting wat geweldig gestyg het, asook die finansiële status van die fasiliteit, te verduidelik. Die fasiliteit is ontwerp en gebou as ‘n strategiese hulpbron met die hoofdoel om die land se brandstofvoorsieningsekerheid van die vorige sewe tot tien dae tot die huidige 30 tot 45 dae te verhoog. Die adjunkminister van myne en energie, Kornelia Shilunga, het vandag in die parlement op Venaani se vrae geantwoord.