Nuwe landbou tegniese vernuwing vir mielieboere

Die Amerikaanse landbou-tegniese maatskappy, Corteva Agriscience, het vandag die amptelike bekendstelling van sy PowerCore-tegnologie aan Suid-Afrikaanse mielieboere bekendgemaak. Dié nuwe tegnologie beskerm gewasse teen insekte wat dit vernietig. Dit sal gebruik word om nuwe geneties-veranderde saad te skep wat minder aantreklik sal wees vir plae. Volgens Corteva moet boere toegang hê tot beter tegnologie ten einde die beste uit elke hektaar mielies te haal.