ANC se nasionale werkskomitee bekommerd oor konflik tussen Rusland en Oekraïne

Die ANC se nasionale werkskomitee is bekommerd omdat die voortslepende konflik tussen Rusland en Oekraïne erger word. ‘n Woordvoerder van die party, Pule Mabe, het die media na die weeklikse komitee-vergadering toegespreek. Die komitee het President Cyril Ramaphosa se oproep herhaal dat die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad vreedsame en diplomatieke oplossings vir die konflik moet vind, in ooreenstemming met die VN-handves.