NASA se tuig neem eerste rotsmonster op Mars

NASA se Perseverance-tuig op Mars gaan sy eerste rotsmonster ooit neem nadat die ruimte-agentskap laat gisteraand die eerste opdragsein gestuur het. Die sein sal die tuig eers oor ‘n paar dae bereik waarna Perseverance in die Jezero-krater sal begin boor. Die tuig het omtrent 11 dae nodig om klaar te boor en monsters te neem omdat sy opdragte van die Aarde af gestuur word. Indien dit suksesvol is, sal dit ‘n betekenisvolle stap wees in die proses om die eerste materiaal van Mars af Aarde toe te bring.