Dordabis-veldbrand bring enorme skade

Die veldbrand wat die afgelope week in die Dordabis-omgewing woed, is nog nie heeltemal geblus nie. Reuse-skade is oor sowat 20 000 hektaar aangerig en diereverliese is gely. Alhoewel die omvang van die skade van die brand nog nie vasgestel is nie, het Jacomien Niehaus van die plaas Autabeb aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die skade wat met die blote oog waargeneem is, is enorm. Sy sê die krisis is nog nie verby nie.