Dros-verkragter kan teen sy vonnis appelleer

Die veroordeelde kinderverkragter van Pretoria, Nicholas Ninow, wat berug is as die Dros-verkragter, het verlof gekry om teen sy vonnis te appelleer. Na berig word het Ninow die appèlhof dadelik genader toe sy aansoek in Maart verlede jaar in die hooggeregshof van Gauteng van die hand gewys is. Ninow is lewenslank tronk toe gestuur vir die verkragting van ‘n sewe-jarige meisie die vorige jaar in die kleedkamer van ‘n Dros-restaurant in Pretoria.