SA-onderwys-aktiviste opgewonde oor 10GB gratis data vir huishoudings

Die Suid-Afrikaanse onderwys-aktivis, Hendrick Makaneta, is baie ingenome met die minister van kommunikasie, Khumbudzo Ntshaveni, se planne om elke maand tien Gigagrepe gratis data aan elke huishouding in Suid-Afrika toe te wys. Volgens hom sal die toewysing oor ʼn paar jaar leerders se studie en onderrig verbeter, veral vir leerders uit arm gemeenskappe. Makaneta sê Suid-Afrika is ongetwyfeld een van die mees ongelyke gemeenskappe ter wêreld: