Nanso vra aanspreeklikheid vir NSFAF se swak boekhouding

Reaksie word ontvang op die negatiewe ouditmening wat die ouditeur-generaal oor die Namibiese studente-hulpfonds, NSFAF, uitgespreek het. Daar is verskeie oortredings, wanbesteding en oorbesteding aangeteken en Junias Kandjeke sê verder dat die fonds nie eens ‘n toepaslike interne basis vir die voorbereiding van sy state het nie. NSFAF is uiters belangrik vir nagraadse onderrig en duisende studente maak staat op die geld wat vanaf die belastingbetaler kom. Die woordvoerder van die Namibiese studente-organisasie, Nanso, Dorothea Nangolo sê daar moet aanspreeklikheid wees.