Jy gee kookolie, ek gee bier…

‘n Brouery en kroeg in München het ‘n kreatiewe manier gevind om die tekorte aan kookolie aan te spreek. Die Giesinger-brouery en –kroeg bied bier in ruil vir kookolie in die kroeg aan om sodoende te verseker dat schnitzels ononderbroke aangebied kan word. Sedert die oorlog in Oos-Europa is daar veral tekorte aan kookolie in Europa maar by die kroeg ontvang jy ‘n liter bier in ruil vir ‘n liter olie. Dit werk natuurlik baie goed want Duitsers, is nes Namibiërs, baie lief vir hul bier.