Simonis Storm sê inflasie sal verby 7% beweeg

Die plaaslike makelaarsfirma, Simonis Storm verwag nie dat inflasie binnekort sal daal nie en inteendeel, voorspel dat dit binnekort die 7 persent-kerf kan verbysteek. Die maatskappy sê voorsieningskettings sal waarskynlik uiters duur bly in 2023, selfs al eindig die oorlog gedurende dié jaar, omdat dit tyd sal neem om beskadigde of vernietigde vervoerinfrastruktuur te herstel. Dit sal ook nie niet ontwikkelende lande raak nie maar ook ontwikkelde ekonomieë. Die 6 persent wat vir Junie vanjaar aangekondig is, is die hoogste inflasie in Namibië sedert Junie 2017.