NamWater monitor stand van damme

Volgens NamWater se dambulletin vir die week, is daar in sewe dae meer as 4 miljoen kubieke meter uit die Hardapdam onttrek. Syfers vir die sentrale gebied is effe laer met 490 000 kubieke meter water wat uit die Von Bachdam onttrek is. Die dam is tans op 58,5 persent van kapasiteit maar het nog toegang tot Swakoppoort se bronne wat op die oomblik op 86,7 persent staan. Volgens Abraham Nehemia, hoof uitvoerende beampte van NamWater is daar op die huidige stadium geen rede tot kommer nie. NamWater monitor die situasie en verseker altyd dat daar bronne is vir twee reënseisoene.