Zuma se korrupsie-verhoor uitgestel

Die korrupsie-verhoor van oudpresident Jacob Zuma en sy mede-beskuldigde, die Franse wapenmaatskappy Thales, is in die Hooggeregshof in Pietermaritzburg uitgestel. Die verhoor het vandag hervat, maar regter Piet Koen het beslis dit sal later die maand voortgaan. Hy sê die uitstel is toegestaan om die staat kans te gee om mediese bewyse te oorweeg: