Daar waai Robert E. Lee

‘n Standbeeld van die Amerikaanse konfederale bevelvoerder, Robert E. Lee, is van sy voetstuk verwyder in Richmond, Virginië. Dit volg ná ‘n jaar lange regstryd oor ‘n monument wat die fokus was van betogings oor rasse-ongeregtigheid. Die standbeeld is in 1890 opgerig in Richmond wat die hoofstad was van die Konfederasie, ‘n groep ten gunste van slawerny. Hierdie suidelike state het in die burgeroorlog van 1861 tot 1865 teen die Unie-magte geveg. Gedenktekens wat Konfederasie-leiers vereer is in die visier van betogers teen rassisme.