NamWater hoof gesels oor onderbrekings vir instandhouding op Whk-Okh pyplyn

Windhoekers moet gereed maak vir twee beplande water-onderbrekings op onderskeidelik op 15 Julie en 29 Julie vanaf ses-uur die aand. Dit is weens die beplande sluiting van die pyplyn vanaf Von Bachdam na Windhoek deur NamWater. Inwoners van Brakwater, wat water direk uit die Von Bachdam kry, sal geen water hê nie. Die uitvoerende hoof van NamWater, Abraham Nehemia verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus dat onderhoud aan die stelsel gedoen moet word.