Swapo-jeugliga sekretaris maak opslae met bedrogsaak

Die Kavango Wes-streek se Swapo-jeugliga sekretaris, Bonifatius Muronga, het groot opslae gemaak toe hy op Rundu in landdroshof verskyn het op klagte wat omkopery en diefstal onder valse voorwendsels insluit. Daar is 16 klagte in totaal en luidens die klagstaat het hy na bewering ‘n totaal van ongeveer 105 000 Namibiese dollar onder valse voorwendsels van die ma van sy kind bekom. Hy het volgens berigte, ook die party se sekretaris-generaal Sophia Shaningwa se handtekening vervals in verskeie briewe wat reistogte na President Hage Geingob insluit en dat hy sodoende ‘n voorskot op S&T moet kry, sowel as ‘n 40 000 dollar deposito wat hy moes bydra vir ‘n bakkie wat die party vir hom sou aanskaf. Hy is op borg van 8 000 dollar vrygelaat.