Alta van Wyk moet eis teen Boulter aanpas

Alta van Wyk, die weduwee van Gerhard van Wyk wat in Februarie 2021 dood is na ‘n skietvoorval waarvoor die Britse miljardêr Harvey Boulter vir moord aangekla word, sal haar eis van 84 miljoen Namibiese dollar vir skadevergoeding van Boulter, moet aanpas. Boulter se regspan het eksepsies teen die gekompliseerde eis gebring en dit vaag en dubbelsinning genoem. Van Wyk eis verskeie bedrae gebaseer op verskeie arbeidsverhoudings, eise vir haar kinders en meer. Haar regspan het toegegee dat die eis aangepas moet word. Regter Orben Sibeya het ook ‘n kostebevel toegestaan en Van Wyk sal die regskostes in verband met die eksepsie-aansoek moet dra. Boulter poog intussen om sy moordklag en vervolging ter syde te laat stel.