Nampol waarsku oor indiensneming van Angolese kinders

Die Namibiese polisie in die Omusati-streek het ‘n streng waarskuwing uitgereik teen Namibiërs wat minderjarige onwettige immigrante van Angola in diens neem. Inspekteur Anna Kunga van Nampol sê dit is gelykstaande aan mensehandel. Sy sê dat minderjarige Angolese seuns en meisies óf as veewagters, huiswerkers óf as arbeiders in diens geneem word, en hulle word meestal onderbetaal. Kunga het daarop gewys dat kinderarbeid net so onwettig is as om ‘n buitelander in diens te neem wat onwettig in die land is. Weens die onbeskikbaarheid van skole en wydverspreide armoede in sommige dele van suidelike Angola, steek baie Angolese kinders die grens na Namibië oor op soek na groener weivelde.