Zimbabwe begin ook boor vir olie

Zimbabwe is gereed om volgende maand te begin met die boor van olie ná die aankoms van die eerste groep boortoerusting in die land. Voornemende boorwerk vir olie en gas in die Muzarabani-gebied was aanvanklik vir Junie vasgestel, maar moes uitgestel word weens vertragings in doeane-uitklaring vir die boortoerusting in Tanzanië, waar die toerusting gemobiliseer is, en in Mosambiek waar dit op pad in Zimbabwe aangekom het. Die Australiese firma Invictus Energy, wat olie en gas in Muzarabani ondersoek, het berig dat die resultate van die onlangse seismiese opname meer potensiële olie en gas aan die lig gebring het, as wat voorheen verwag is. Zimbabwiese ekonoom, Eddie, Cross gesels met Kosmos 94.1 Nuus.