Fifa se Sepp Blatter sê hy en Platini is steeds goeie vriende

Sokker: Fifa se gewese president, Sepp Blatter, sê hy en die Franse administrateur Michel Platini is steeds vriende. Die 86-jarige Blatter en die voormalige president van die Europese beheerliggaam Uefa is vandag in ‘n Federale Misdaadhof in Bellinzona, Switserland, onskuldig bevind aan bedrog na ‘n ondersoek van sewe-jaar. Blatter het aan die media gesê hulle vriendskap duur voort ondanks die vervreemding weens die hofsaak.