Nampol kry N$1,5m se dagga op Warmbad

Die Namibiese polisie het ‘n Namibiese burger en ‘n Suid-Afrikaner by Warmbad in die verre Suide, vasgetrek in besit van 30 kilogram dagga met ‘n beraamde straatwaarde van meer as 1,5 miljoen Namibiese dollar. Die polisie sê die operasie is eintlik uitgevoer omdat hulle inligting ontvang het dat die 54-jarige Namibiër ‘n Suid-Afrikaanse burger skuiling gegee het wat onwettig die land binnegekom het. Die 27-jarige man het volgens Nampol by Beenbreek oor die Oranje-rivier gekom het op die plaas Narus by die Namibiër weggekruip.