Vreemde saak oor 440 000 maskers wat plaaslik bestel is en in China moet afgelewer word

Die saak waar Namibia Oriental Tobacco Mickir Supplies in die hoërhof dagvaar is weer vandag voor regter Herman Oosthuizen vir ‘n voorverhoor konferensie. Die aansoeker in die saak eis betaling van net meer as 6,5 miljoen Namibiese dollar vir kontrakbreuk. Lou Ming van die tabak maatskappy sê in sy eis hy het met Trevor Peterson van Mickir op 10 Februarie 2020 ooreengekom dat Peterson 440 000 Ansell Sandel N95 maskers aan Lou sal lewer maar dat die maskers teen 24 Februarie by ‘n adres in China afgelewer moet word en dat die datum van aflewering volgens Lou krities was. Lou sê hy het die nodige deposito van 500 000 Namibiese dollar betaal en daarna net meer as 6 miljoen dollar oorbetaal, maar die maskers is nooit afgelewer in China nie. Peterson verdedig die saak en het reeds stukke ingedien in die verband.