Tjongarero reageer op Shikongo se silwer

Die Namibiese minister van sport is baie opgewonde oor die Paralimpiese naelloper Ananias Shikongo en sy gids Sem Shimanda wat die eerste medalje vir Namibië in die T11, 400 meter vir mans, gewen het by die Paralimpiese Spele in Tokio. Hulle het die silwer medalje verower nadat hulle tweede geëindig het agter die wêreldkampioen en die goue medaljewenner van Rio Paralimpiese Spele in 2016, Gerard Descarrega van Spanje en sy gids Guillermo Rojo met ‘n seisoenale beste tyd van 51,14 sekondes. Minister Tjongarero, kon haar opgewondenheid nie in bedwang hou toe sy met Kosmos 94.1 Nuus gepraat het nie.