Nampol en gemeenskappe moet hande vat om misdaad te bekamp

Om misdaad te bekamp is ‘n gesamentlike poging van die Namibiese polisie en die gemeenskap. Volgens majoor-generaal Joseph Shikongo is gemeenskapsbetrokkenheid deurslaggewend in die stryd teen alle euwels in die samelewing. Shikongo het die naweek ‘n vergadering op Rehoboth gehou en die opkoms was nie na verwagting nie. Shikongo sê aan Kosmos 94.1 Nuus alhoewel die opkoms swak was, sal diegene wat dit bygewoon het, die boodskap oordra. Hy het ‘n beroep op die publiek gedoen om ‘n vennootskap met die polisie te sluit.