Verdagte van skietery in Kopenhagen het glo geestesgesondheidsprobleme

Die Deense polisie sê die verdagte in Sondag se dodelike skietery in ‘n winkelsentrum in die hoofstad, Kopenhagen, het geestesgesondheidsprobleme en daar is geen aanduiding van terrorisme nie. Die 22-jarige man is van moord aangekla nadat drie mense dood en vier ernstig gewond is. Die polisiehoof, Soeren Thomassen, sê hulle glo die man het op sy eie opgetree sonder enige hulp van enigiemand anders. Hy het vanoggend in die hof verskyn. Die regter het beveel die identiteit van die beskuldigde en die slagoffers mag nie bekend gemaak word nie.