Namibiese vleisbedryf steeds in herstelfase

Die Vleisraad het sy midjaarsyfers bekendgestel wat aandui dat die vleisbedryf steeds in ‘n herstelfase is. ‘n Totaal van 94 868 beeste is tydens die eerste helfte van die jaar bemark, 25,15 persent minder as dieselfde tydperk verlede jaar en 53 persent laer as die vyf-jaar-gemiddeld. Die verskil in speenkalfpryse en ospryse, laer risiko, vinniger kontantvloei en prysmededinging van Botswana, versterk die beweging na speenkalfproduksie. ‘n Totaal van 220 045 skape is in die afgelope ses maande bemark, 47 persent minder as dieselfde tydperk in 2020. Hoë skaappryse het weerstand onder verbruikers begin skep, gegewe die verminderde besteebare inkomste as gevolg van die Covid-pandemie en die beweging na goedkoper proteïenbronne. Landbou-kenner, Wallie Roux, deel sy mening oor die verslag met Kosmos 94.1 Nuus.