‘Veediefstal neem af in Namibië’

Die Namibiese polisie se adjunkhoof, generaal-majoor Joseph Shikongo, wil veediefstal in Namibië hokslaan en hy het verskeie vergaderings in dié verband in verskillende streke met belanghebbendes gehou. Hy sê hy is tot dusver gelukkig met wat bereik is en veediefstal het afgeneem. Maar Shikongo het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die veediefstalkrisis is ver van verby en hy sal graag in ander streke met die vergaderings wil voortgaan sodra die Covid-pandemie iets van die verlede is.

Shikongo stem saam met die Namibiese omgewingsminsiterie dat wildstropery in Namibië afgeneem het, veral in Namibiese nasionale parke. Hy sê die teenwoordigheid van wetstoepassers in parke, het ‘n groot rol in die afname gespeel.