Pulmonoloog beveel Covid-inenting aan

Namibië het tydens die derde vlaag van die Covid-pandemie talle lewens verloor. Op die oomblik dui statistieke aan dat gevalle besig is om af te neem. In ander lande kan mense weer in die publiek groot geleenthede bywoon en volgens berigte is dit weens kudde-immuniteit. Namibiese pulmonoloog, dr. Willie Bruwer sê die motivering vir Namibiërs om weer na hul normale lewens terug te keer, is om ingeënt te word.