Namibiese toergids een van 30 invloedrykste mense in toerismebedryf in Afrika

Namibiese toergids en voorsitter van die Opkomende Toerisme-ondernemings Vereniging van Namibië, Joseph Kafunda, het die Pyne-toekenning as een van die 30 invloedrykste mense in Afrika in die toerisme- en gasvryheidsbedryf ontvang. Die Pyne-toekennings beloon jaarliks die harde werk van alle rolspelers in die toerisme- en gasvryheidsbedryf in Afrika. Kafunda deel sy opgewondenheid met Kosmos 94.1 Nuus.