Meineed-verhoor van Bathlabile Dlamini begin môre

Die meineed-verhoor van die gewese minister van maatskaplike ontwikkeling, Bathabile Dlamini, begin môre in die Johannesburgse streekshof. Phindi Mjonondwane van die Nasionale Vervolgingsgesag sê Dlamini word daarvan beskuldig dat sy onder eed gelieg het tydens haar getuienis voor ‘n ondersoek wat die Konstitusionele Hof gelas het na haar aandeel van die maatskaplike toelae-krisis van 2017. Sy sê Dlamini gaan na verwagting pleit voor die staat sy eerste getuie roep.