Namibiese suiwelsektor het reuse-uitdagings

Die Namibiese suiwelsektor het ‘n kombinasie van uitdagings ervaar wat gewissel het van klimaatstoestande, toenemende produksiekoste, kudde-likwidasie en Covid-regulasies, wat gelei het tot drastiese verlagings in die produksie van rou melk en dus produsente se winsmarges belemmer het. Baie produsente het die sektor verlaat, maar sommige bly vasbyt selfs tydens moeilike tye. Die Suiwelprodusente hou op 11 en 12 Julie hul jaarvergadering en gala-dinee by Gobabis.