Raad van Gesondheidsorgfondse: Tekort aan gesondheidswerkers is kommerwekkend

Die Raad van Gesondheidsorgfondse sê die tekort aan gesondheidsorgwerkers in Suid-Afrika is kommerwekkend. Die besturende direkteur, Katlego Mothudi, sê die land ervaar ‘n kritieke tekort in die dokter-pasiënt-verhouding teen 1 dokter per 3 198 pasiënte. Mothudi sê dit het ‘n skadelike uitwerking op gesondheidsorgdienste.