Namibiese suiwelbedryf het reuse-uitdagings

Meer inligting is bekend oor die plaaslike suiwelbedryf. Volgens die Namibiese Landbou-unie het suiwelprodukte se pryse vir die afgelope drie jaar konstant gebly. Die huidige gemiddelde produksieprys van 6,22 Namibiese dollar per liter, is nie langer volhoubaar vir die produksie van rou melk nie, want suiwelboere se insetkoste bly styg. Kokkie Adriaanse, die voorsitter van die plaaslike Suiwelprodusente-vereniging, verduidelik suiwelboere se uitdagings.