Liberiese rebelle-bevelvoerder skuldig bevind aan gruweldade

‘n Switserse hof het ‘n voormalige Liberiese rebelle-bevelvoerder tot 20 jaar gevangenisstraf gevonnis weens sy deelname aan die burgeroorlog in sy land. Daar het ongeveer ‘n kwart-miljoen mense in die oorlog gesterf, wat van 1989 tot 2003 geduur het. Aleiu Kosiah is die eerste Liberiër wat skuldig bevind is aan die gruweldade. Kosiah het na Switserland gevlug waar hy in 2014 in hegtenis geneem is. Die ses jaar wat hy in aanhouding was, sal van sy vonnis afgetrek word.