Namibiese regslui maak beswaar oor wetsontwerp van PAAB

Namibiese regslui het beswaar gemaak teen ‘n wetsontwerp van die Rekenmeesters- en Ouditeursraad, PAAB, wat glo ‘n super-reguleerder sal skep. Eben de Klerk, ‘n navorser van die Ekonomiese Beleidsnavorsing-vereniging, sê ouditeure sal effektief die hekwagters wees van professionele persone wat dissiplines beoefen waarin die ouditeure self min of geen kwalifikasies het nie. De Klerk verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus watter professionele persone geraak sal word.