ANC se NUK-vergadering sal op beleidsake fokus 

Die nasionale uitvoerende komitee van die ANC het met sy vergadering begin om die party se organisatoriese verslae vir aanstaande maand se kieskonferensie te aanvaar. ʼn Lid van die NUK, Nomvula Mokonyane, sê die agenda sal die organisasie se verslag oor sy politieke, finansiële en lidmaatskapstatus vir die afgelope vyf jaar uiteensit. Die integriteitsverslag oor die diefstal by Phala Phala sal ook op die agenda wees. Volgens Mokonyane sal die komitee ook die reëlings vir die kieskonferensie by Nasrec, Johannesburg afhandel.