Namibiese President wy Heldedag aan hedendaagse helde van die pandemie

Namibiese President Hage Geingob het vandag op Heldedag sy toespraak gewy aan die moderne helde van vandag in die stryd teen die Covid-pandemie. Hy het hulde gebring aan die gesondheidswerkers, wetstoepassers en staatswerkers wat sedert die begin van die pandemie hul lewens op ‘n daaglikse basis in die voorste linies op die spel geplaas het. Hy het gesê Namibië salueer hul patriotisme, toewyding en opoffering. Geingob het gesê alle Namibiërs moet helde in ons huishoudings, gemeenskappe en werksplekke wees om ‘n verenigde, voorspoedige Namibië te bou.