Duisende se oorskot in 24 grafte in Odessa gevind


Die oorskot van tussen 5 000 en 8 000 mense wat straks slagoffers van Joseph Stalin se skrikbewind was, is in minstens 24 grafte in Odessa in Oekraïne ontdek, berig internasionale nuusagentskappe. Geskiedkundiges reken hulle is die 1930’s deur Stalin se geheime polisie vermoor.