Namibiese wildveearts uit hospitaal ontslaan, veloorplantings volg

Die bekende Namibiese wildveearts, dr. Ulf Tubessing, wat in ‘n Windhoekse hospitaal met erge brandwonde opgeneem is na die verwoestende brand vandeesweek by Brakwater, is uit die hospitaal ontslaan. Volgens sy assistent, Mariska Bijsterbosch, lê daar ‘n lang pad van herstel vir die veearts voor met beide sy bene en arms, regterhand en gesig wat brandwonde opgedoen het. Sy sê Tubessing sal volgende week veloorplantings kry. Intussen het Sean Naude van die Namibian Marshall Rangers laat weet dat die brand by Daan Viljoen laasnag weer opgevlam het. Brandweerpersoneel en vrywilligers is op die toneel.