Namibiese militêre kenner sê Mosambiek se probleme moet in Afrika opgelos word

Die probleme in die noordelike Mosambiekse provinsie, Cabo Delgado, moet in Afrika opgelos word, verkieslik sonder die betrokkenheid van voormalige koloniale moondhede. Só sê prof. Ian Liebenberg, ‘n politieke en militêre kenner van die Universiteit van Namibië en verbonde aan die fakulteit krygskunde aan die Universiteit Stellenbosch. Die Suid-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap het vandeesweek aangekondig dat die aanwesigheid van sy snel-ontplooiingsmag, wat al sedert Julie op versoek van die Mosambiekse regering help in die stryd teen militante, verleng word.