Wêreldboomplantdag vandag gevier

Vandag is Wêreldboomplantdag wat elke jaar op die tweede Vrydag van Oktober herdenk word. Ter viering van Wêreld-boomplantdag gee die Botaniese Vereniging sertifikate van erkenning aan enige persoon, maatskappy, organisasie, skool of instelling gee wat uit hul pad gaan om inheemse bome te beskerm en te bewaar. Diana Thompson, ‘n lid van die uitvoerende komitee van die Botaniese Vereniging, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.

Thompson sê ook die Botaniese Vereniging bied môreoggend ‘n begeleide staptog in die botaniese tuin aan as deel van hul vieringe vir Wêreldboomplantdag.