Ondersoek bevind waterstofvallei kan volhoubare energie lewer

Die Suid-Afrikaanse department van wetenskap en vernuwing gaan vandag ‘n webinaar aanbied oor die verslag van die waterstofvallei-uitvoerbaarheidstudie. Die studie het in opdrag van die department en sy vennote nege waterstof-verwante projekte in die beweegbaarheid- en bousektore uitgewys wat kan dien as wegspringplek vir ‘n Suid-Afrikaanse waterstofvallei. Die voorgestelde middelpunt sal naby Mokopane in Limpopo begin en strek tot in Johannesburg in Gauteng, en uiteindelik tot eThekwini in KwaZulu-Natal. As skoon en veelsydige energiebron is waterstof een van die boustene van ‘n lae-koolstof-ekonomie.