Namibiese kusparke trek nuwe baadjie aan

Die Namibiese omgewingsministerie, Pohamba Shifeta, het nuwe infrastruktuur vir die Skedelkuspark, Dorob Nasionale Park en Namib Naukluft Park bekend gestel. Dit sluit onder meer in ingangshekke, nuwe kantore, ontvangslokale vir toeriste, garages en werkswinkels, personeelbehuising, store en ablusieblokke by Kaapkruis, Ugabmond, Mowebaai, Sesriem en Gobabeb. Dit is met behulp van die Duitse ontwikkelingsbank, KfW, opgerig.