Covid-gevalle styg met 44%

Die Namibiese gesondheidsministerie het 81 nuwe Covid-gevalle uit 1 818 toetsuitslae aangemeld, wat ‘n positiewe koers van 4,5 persent verteenwoordig. Dit is 44 persent meer as die vorige dag. In die groep is tien studente, vier gesondheidswerkers, twee leerders en een onderwyser. Daar is nou 239 aktiewe gevalle, waarvan 16 pasiënte in hospitale is en een ‘n in hoësorgeenheid is. Altesaam 313 221 persone is ten volle ingeënt.