SA komediant Trevor Noah sê wêreld kan jammer sê met vliegtuigkaartjies, hotelverblyf

Die wêreldbekende Suid-Afrikaanse komediant, Trevor Noah, sê sy vaderland sal die wêreld se verskoning oor oorreaksie met die Omikron-variant, in die vorm van gratis vliegkaartjies en hotelverblyf aanvaar. Tientalle lande het ‘n reisverbod teen Suider-Afrikaanse lande ingestel binne ‘n dag nadat die land se wetenskaplikes aangekondig het hulle het die nuwe variant van Covid-19 ontdek. Noah, die aanbieder van die Amerikaanse televisieprogram, The Daily Show, het ‘n berig van CBC gedeel wat bevestig die variant was reeds in Europa voordat Suid-Afrikaanse wetenskaplikes dit uitgewys het.