Namibiese Korrektiewe Dienste sê smokkel van selfone in gevangenisse is ‘n probleem

Die Namibiese Korrektiewe Dienste het gesê twee persone moes verlede jaar anale chirurgie kry om selfone te verwyder ná ‘n mislukte poging om selfone in gevangenisse in te smokkel. Kommissaris Sam Shaalulange, hoof van die dienste se sentrale personeeldirektoraat sê aan Kosmos 94.1 Nuus die kwessie van smokkel van selfone in gevangenisse is ‘n groot probleem vir die korrektiewe dienste.